AfrikaansTranslators

Ubuntu, Edubuntu en Kubuntu in Afrikaans

Hierdie is die tuisblad en verwysdokument vir Afrikaanse vertalers van Ubuntu en ander oopbronsagteware.

Om by te dra moet mens lid wees van Launchpad, asook lid van die Afrikaanse vertalergroep. Die programme, dokumente en ander bladsye wat moet vertaal word is beskikbaar by https://help.launchpad.net/Translations/StartingToTranslate

Die programme, dokumente en ander bladsye wat moet vertaal word is beskikbaar by https://translations.launchpad.net/.

Moet daar 'n e-poslys vir Ubuntu-Afrikaans wees? Voeg jou eie komentaar by aan die einde van hierdie bladsy.

Sien ook:

Rosettahulpbronne

Rosetta is 'n aanlyn-stelsel waar al die vertalings van verskeie Linux verspreidings en die programme wat deel daarvan is saamgebring is. Dit is saamgetrek in Launchpad met ander instandhoudingtake soos bugtracking (in Malone) en spesifikasies.

  • Rosetta - die hoofblad.

  • RosettaWishList - waar Rosetta-gebruikers daaroor kla, maar dis 'n goeie plek om te sien wat mense daarmee maak.

Vertalerhulpbronne

Om ooreenstemming tussen ons vertalings te handhaaf, is dit nodig om bronne vir rekenaarterme te koördineer. Die volgende is 'n lys van moontlike bronne, gerangskik in orde van betroubaarheid. Raadpleeg hulle asseblief in die orde gegee!

  1. AfrikaansTranslators/VertalerWoordeboek: ons een - voeg asseblief by! Gebruik hierdie lys eerste want hier sal ons GNU-spesifiek woorde lys asook voorkeur uitspreek as daar meer as een vertaling is.

  2. http://members.tripod.com/~vds/afroppinet/woordelys.html: baie klein lysie.

  3. https://help.launchpad.net/Translations/Guide

  4. https://help.launchpad.net/Translations

Ek vermoed daar sal verdere terme wees wat te generies is vir die WAITT, soos "collapse a menu" en "completed" en "burn (a CD)". Ek glo dit is baie belangrik om (a) sulke terme korrek en gepas te vertaal om nie-rekenaarkundiges nie te laat skrik met moeilike woorde nie en (b) altyd in dieselfde konteks dieselfde woord te gebruik, om gebruikers te laat leer wat dinge beteken. Rosetta gee wenke vir sulke ekwivalente terme waar dit kan, maar dit is waar ons eie bladsy /VertalerWoordeboek belangrik gaan wees. As 'n woord in een van die voorgekeurde bronne (bo) verskyn, gebruik dit; as dit nie verskyn, voeg dit by /VertalerWoordeboek.

Ander projekte

Take

Leserskomentaar